Die skrywer Zain Eckleton is, net soos Hans, die hoofkarakter in sy boek, “Halfblind. Méér as halfblind. Amper blind.” Die Rolbalspeler is sy debuutroman, maar sy eerste kortverhaal is al in 1986 in Huisgenoot gepubliseer.

Hans se lewe slaan ’n heel nuwe koers in toe hy eendag deur ’n blonde vrou oor Voortrekkerweg gehelp word, sy heel in haar skik dat sy ’n goeie daad kon verrig.

Aan die ander kant gekom, vat hy haar vas met ’n “dankie, maar dit was nie nodig nie” en vra dat sy hom weer terugneem na die oorkantse sypaadjie waar hy netnou nog diep ingedagte gestaan het.

Sy steur hom nie aan sy afjak nie: “Maar nee, sy was as-aan, ongesteurd.”

En hier begin die gesels wat ’n groot impak op sy lewe sou hê: Hy begin rolbal speel, ontmoet nuwe mense . . . tot hy uiteindelik die kans kry om verder te gaan leer en die huis verruil vir twee jaar by die instituut in Grassy Park.

Dis ’n wonderlike verhaal wat heerlik lees.

Ons dink: 3/5

DIE ROLBALSPELER DEUR ZAIN ECKLETON

Kwêla Boeke

KLIK HIER en bestel jou boek vanaf kalahari.com vir R179 

Volg Huisgenoot op Twitter.