Ons dink: 3/5

Meisietjies met ’n fassinasie vir prinsesse gaan baie bly gemaak word deur hierdie boek vol aktiwiteite. Dit draai alles om koninklike meisietjies met towerstaffies en tiaras en al die ander blinkhede van hul lewe.

Ingesluit in die boek is plakkers, stensils en mooi papier om al die aktiwiteite uit te voer: Maak papierpoppe en klere vir hulle, knip ’n tiara uit, ontwerp ’n kroon en versier die prinsespaleis en -klerekas.

Of teken hare vir die holderstebolder-prinsesse en soek jou pad deur die towerdoolhof.

Lesertjies word ook gehelp om hul eie prinsesstorie te skryf. En die lekker hou nie op nie: Hier is ’n smullekker resep vir feëkoekies met die opdrag dat ’n grootmensfeetjie dit moet help bak.

Hier is regtig ure se “werk” wat dogtertjies sal weghou van ure voor die TV – die ideale vakansieboek.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER