Dit is nou gerieflik: die stories van die Ou en die Nuwe Testament in 365 stories opgedeel. (’n Mens sal net goed moet beplan sodat jy dag 217 rondom 25 Desember lees, want dis die stuk waarin die geboorte van Jesus genoem word!)

Die Een Jaar Kinderbybel – ’n Storie vir Elke Dag van die Jaar is gemik op kinders tussen vier en sewe en daarom is elke dag se stuk net lank genoeg dat niemand verveeld (of aan die slaap!) sal raak nie.

Die teks is soos wat dit in Die Bybel vir Almal gebruik is en is eenvoudig en leesbaar.

Die grootste pluspunt vir kinders in hierdie ouderdomsgroep is egter sonder twyfel die kleurryke illustrasies wat op elke liewe blad verskyn.

Al sit en kyk hulle net hierna terwyl jy lees, sal dit hul aandag hou sodat die ou, ou stories êrens in die jong gemoed kan insink.

Teen dié prys is dit ’n Kersgeskenk wat ’n mens maar gerus kan gee, terwyl jy weet dis ook ’n geskenk wat ’n paar jaar sal hou.

Die Een Jaar Kinderbybel

Lux Verbi

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.