In die sowat vyf jaar dat dr. Dawie ’n gesondheidsrubriek vir Huisgenoot behartig het, het daar vreemde vrae op sy lessenaar beland.

Soos oor vingertjies op die derm, geografiese tong en selfs ’n pannekoekverslawing! Maar alles het dr. Dawie geduldig en in eenvoudige taal beantwoord sodat baie lesers hom al as hul huisdokter beskou het.

Van sy rubrieke is vir hierdie boek ingedeel onder hofies soos rook, velprobleme, hartprobleme, senuweetoestande en selfs voeding.

Wat veral nuttig is, is dat hy ernstiger toestande uiteensit sodat jy weet wat om te verwag as jy met behandeling vir die een of ander toestand moet begin. Dr. Dawie verduidelik ook watter opsies jy het as jy op behandeling of medikasie moet besluit.

Hy skryf juis daar is vele vrae wat mense te skaam is om vir hul dokter te vra en dat sommige dokters ook nie altyd goed met hul pasiënte kommunikeer nie. Hierdie boek help dat jy nie oningelig na jou dokter hoef te gaan nie, en die regte vrae kan vra.

DIE DOKTER AS ­VENNOOT DEUR DR. DAWIE VAN VELDEN

Protea

Ons dink: 3/5

Volg Huisgenoot op Twitter.