en ’n mens kan gerus die Engelse uitgewer Penguin hiermee gelukwens.

Daar is nie ’n genre wat nie behandel word nie: die kortverhaal, roman, misdaad, fantasie, liefdesverhale, Christelike romans, kinder- en jeugboeke, poësie, drama, TV en film, joernalistieke skryfwerk, niefiksie – noem maar op. Selfs illustrasies en stripkuns word behandel.

Een van die vele sterk punte van die gids is dat kenners op elke terrein ingespan is om te skryf oor die spesifieke voorskrifte en geheime van hul genre. Daar is onder andere Philip de Vos, Hennie Aucamp, Andries Bezuidenhout, Piet Grobler, Margot Luyt, Willemien Brümmer, Dana Snyman, Saartjie Botha – jy leer dus aan die knie van die bestes in Afrikaans.

In ’n tyd waar selfpublikasie via die internet so maklik geword het dat Jan Rap en sy maat dink hy kan ryk word deur sy pennevruggies, verwelkom ’n mens die Afrikaanse Skryfgids met sy duidelike riglyne vir manuskripte en ander skryfwerk. Die boek is van groot waarde vir individue, maar sal ook met vrug as handboek voorgeskryf kan word.

- Elna van der Merwe