Ons dink: 3/5

Jy kom selde ’n resepteboek soos dié teë: Dit wemel van besonderhede, maar die resepte is tog maklik om te volg.

Die wêreldbekende soet­gebaksjef Michel Roux het ’n loopbaan daarvan gemaak om alledaagse nageregte in kulinêre kunswerke om te tower en hier wys hy hoe.

Hy gee stap-vir-stap-aanwysings vir ’n verskeidenheid resepte, van die eenvoudigste crème anglaise tot die ingewikkeldste soufflé.

Die panna cotta en gemmer-crème brûlée was wenners in my huis, terwyl die klam sjokoladebruintjies onweerstaanbaar was.

Daarby kon ek dit binne 45 minute maak! Dekadente, heerlike leesstof.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER