Die studente Emma en Dexter ontmoet mekaar op 15 Julie 1988 in Edinburg op die vooraand van hul gradeplegtigheid en kliek ondanks hul verskille.

Sy is linksgesind en wil die wêreld verander en hy is ’n ydel rykmanseun met geen belangstelling in die politiek nie.

Die volgende dag gaan hul paaie uitmekaar, maar ons ontmoet hulle weer elke jaar op 15 Julie terwyl hulle hul pad baan op pad na volwassenheid.

Hy word ’n kokaïengebruiker en derderangse TV-aanbieder en sy beland in ’n doodloopstraat as kelner. Sy raak betrokke by die teater en waag haar hand aan skryfwerk.

Hulle knoop verhoudings met ander mense aan, maar kom tog gereeld weer by mekaar uit. Maar sal hulle ooit saam wees?

Dis ’n snaakse en sensitiewe boek wat ongelukkig nou die Hollywoodbehandeling gaan kry. Maar voor dit gebeur, moet jy jouself ’n guns doen en die boek lees – dis ’n besondere verhaal.

One Day deur David Nicholls

Hodder, R135,95

Ons dink: 5/5