As jy en jou gesin graag in wildparke vakansie hou of die seelewe ondersoek, gaan jy hou van dié maklike verwysingsbron na meer as 600 van die algemeenste wildsoorte van jou omgewing.

Dit is bygewerk deur die omgewingskundige en natuurskrywer David Bristow en gee duidelike beskrywings en foto’s van soogdiere, voels, insekte, amfibieërs, visse en reptiele.

Elke inskrywing gee die dier se grootte, kleur, habitat en soortgelyke spesies, wat identifikasie natuurlik baie makliker maak.

Daar is ook ’n verspreidingskaart vir elk, alternatiewe name in van die ander landstale, wenke hoe om wilde diere af te neem, en hoe om dieregedrag te verstaan. Die laaste hoofstuk verduidelik waarvoor jy op die uitkyk kan wees in ’n bepaalde streek.

Kinders gaan veral hiervan hou, want dis baie nuttig vir skooltake.

Elke stukkie grond, maak nie saak hoe klein nie, wemel van lewe, skryf Bristow. Gebruik dié boek om dit te verken.

ESSENTIAL ILLUSTRATED WILDLIFE GUIDE TO SOUTHERN AFRICA ONDER REDAKSIE VAN DAVID BRISTOW

Sunbird

Ons dink: 3/5

Volg Huisgeno#mce_temp_url#ot op Twitter.