Karolien ry deurnag Stilbaai toe om te gaan afskeid neem van haar ma; nie dat sy besonder lief was vir haar nie, want vir haar ma was sy net ’n teleurstelling.

Op pad trek sy af om bene te rek en daar langs die pad sien sy die lyk van ’n jong, blonde man. Dit is net die begin van haar terugloop op ou spore van moord, verraad en vergete liefde wat op hierdie skilderagtige kusdorpie lê.