Danny Wallace, ’n rubriekskrywer van die Londense Sunday Times, het in 2005 skielike roem verwerf met sy boek Yes Man. ’n Hollywood-fliek is hiervan gemaak met Jim Carrey in die hoofrol.

Sy nuwe boek is ’n reeks van sy rubrieke en gaan oor die verleent­hede wat mans van tyd tot tyd oorkom. Soos as jy iemand se naam vergeet wat jy veronderstel is om te ken, ’n vrou vir ’n man aansien, betrap word dat jy na iemand staar . . .

Dit gaan oor ’n jaar in die skrywer se lewe en is opgedeel in kort hoofstukke wat maklik lees.

Hy skryf uit ’n man se hoek, maar die skaamkry-oomblikke kan met enigeen gebeur en ’n wye groep lesers sal dus hierdie warm, snaakse blik op ’n moderne man se lewe geniet.

Awkward situations for men deur Danny Wallace

Ebury Press, R195

Ons dink: 3/5