Die kinders wat eerste saam met tannie Carike in Kinderland gaan kuier het, is nou al 10 jaar ouer en het sekerlik al vir Ghoempie en Ghoeghoe ontgroei.

Hulle sou egter vir seker nie hierdie lekkerleesstories en die saamsing van die liedjies vergeet het nie.

Die geheim van hierdie reeks is natuurlik Carike en haar vrolike stem wat kinders so kan wegvoer na ’n verbeeldingswêreld.

Die agtste CD en DVD in die Kinderland-reeks is pas uitgereik – net betyds as die ideale Kersgeskenk.

In die bypassende boekie is die stories Ghoempie en Ghoe­ghoe, Ghoeghoe en die Donker Nag, Die Partytjie, Ghoe­ghoe Gaan Tandarts Toe en Ghoeghoe en Ghoempie Leer van Boeke.

Die CD en die DVD (Carike en Ghoempie Kuier Saam met Ghoeghoe) het elk sy eie stel stories en liedjies.

Die skrywer, Linda Korsten, is die vervaardiger van hierdie DVD’s en was ook die medevervaardiger van die fliek Liefling, die Movie.

CARIKE, GHOEMPIE EN GHOEGHOE KUIER IN KINDERLAND DEUR LINDA KORSTEN

Christian Media Publishing,

Ons dink: 3/5

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER