Dit is die vierde boek in ’n reeks van vyf. ’n Mens moet uit die staanspoor meld dié lywige boek is deel van ’n geheel.

Saam gee dit ’n oorsig van mense en instellings se wel en wee aan die Kaap van 1619 tot 1715 in die omvattendste detail denkbaar.

Moenie ’n skoolles verwag nie; dit is ’n boek vir die geskiedenisfynproewer!

Verken onder meer die wêreld van Zacharias Wagenaer wat by Jan van Riebeeck oorgeneem het, asook die vroeë goewerneur Isbrand Goske en kommandeur Johan Bax.

Die Kompanjie het almal se lewe rigied regeer en beheer en binne die stelsel het amptenare en vryburgers ’n bestaan probeer voer. ’n Swaar lewe met ’n klein elite.

Gelukkig het die Hollanders alles chronies neergeskryf in al wat ’n register is.

Dié boek en die res van die reeks gee die ware verhaal van die vroeë Kaap weer – ’n mens staan soms verstom.

Hoewel name en plekke herkenbaar is, is die leefwyse en gebruike so verskillend, dit raak soms ondenkbaar en uiteindelik aangrypend om in hierdie geskiedenis te delf.

Volg Huisgenoot op Twitter.