Hier gaan jy nou ’n klein meisietjie se hart baie bly maak: Sy kan met veelkleurige viltprentjies saam help vertel aan Doringrosie se storie!

Op elke dubbelblad is ’n viltbord waarop die 30 viltprentjies wat verskaf word, geplak kan word om die bekende verhaal van Doringrosie te voltooi. Die prentjies kan oor en oor gebruik word.

So word nie net haar verbeelding geprikkel nie, die plakkery help haar motoriese vaardighede ontwikkel.

Die bladsye is van stewige, dik karton gemaak en die pragtige illustrasies deur Jo-Ann Shilliamword in helder kleure weergegee.

Die boek is deel van die Streelsagte Stories-reeks. Ook hierin te kry is Rooikappie en albei is ook in Engels beskikbaar.

Doringrosie deur Brenda Apsley

Human & ­Rousseau, R120

Ons dink: 4/5

WEN! Drie lesers kan elk ‘n eksemplaar van een van die Streelsagte Stories wen. 

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres voor 21 Januarie om 17:00 na 34922. Die borg is verantwoordelik daarvoor dat die pryse binne ’n redelike tyd afgelewer word.