Ons dink: 3/5

In my tyd het ons hoofsaaklik boeke soos Trompie, Saartjie, Maasdorp en Fritz Deelman  gelees, maar vandag se amper- en volbloedtieners kan kies en keur van rillers en liefdesverhale tot romans wat onverskrokke met dwelms, seks en gesinsgeweld omgaan en grootworddilemmas tot op die been oopvlek.

Natuurlik is Trompie en sy trawante steeds op die rakke, al is hulle nou heel politiek korrek en word Trompie nie meer met ses van die bestes gedreig nie, maar met detensie . . .

Een van die jeugmark-genres wat die laaste jare ’n ligte opbloei beleef het, is rillerverhale.

Sommige is slim en subtiele spookstories met onheilspellende ondertone; ander is dramatiese gruwelverhale wat drup van die bloed en die lyke. Die 13 verhale in Spoke, Rillers en Ander Grillers val in albei kategorieë.

Elke jong aanhanger van grilstories sal die boek geniet, maar wees gewaarsku – dit kan kleiner en minder dapper kinders nagmerrieland toe stuur.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER