Die Lyfwag en Die Verste Ster is ’n heruitgawe van twee van Bets Smith se gewildste verhale.

Die Lyfwag speel af in ’n werklikheidskompetisie wat vir televisie verfilm word.

Die skrywer vertel voor in die boek Survivor het haar die idee gegee om dié tema te verweef met ’n liefdesverhaal, en sy doen dit te heerlik!

Ika gaan skelm in haar vriendin Ryna se plek, en omdat dié ’n rykmansdogter is, stuur haar pa ’n lyfwag saam om haar te beskerm.

Ika kan nie agterkom wie van die mans die een is wat haar moet dophou nie.

In Die Verste Ster gaan doen Mieke Verheemaansoek om ’n pos as navorsingsdosent in die astronomiedepartement.

Al is sy hopeloos te uitlokkend aangetrek, kry sy die pos–en raak terstond verlief op die verstrooide astrofisikus Ian McLachlan, wat 13 jaar ouer as sy is.

'n Hand vol sterre deur Bets Smith

Lapa Uitgewers, R99,95

Ons dink: 3/5