Ons kinders is bevoorreg dat hulle klassieke boeke in die wêreldletterkunde in Afrikaans kan lees. So word die Baasspeurder Blomkvist-reeks van drie nou heruitgegee.

Die skrywer, Astrid Lindgren, is seker meer bekend vir haar Pippie Langkous-boeke. (Pippie was só gewild dat ’n ander Sweedse skrywer,Stieg Larsson, ’n karakter op haar gegrond het wat ook wêrelberoemd geword het, naamlik Lisbeth Salander.)

Hoe dit ook al sy, baasspeurder Blomkvist en sy maats, Eva-Lotta en Anders, het hul eie aanhang onder laerskool-kinders.

Behalwe die boewe wat hulle moet vastrek, is daar ook die ewige oorlog tussen die twee bendes, die Wit Rose en die Rooi Rose – veral nadat ’n beledigende plakkaat op die dorp opgesit word: “Aan die mislike leier van die mislike bendetjie wat hulself die Wit Rose noem: Hiermee word verklaar dat nie een enkele vark in die hele Swede naastenby so dom is soos die Wit Rose se leier nie.”

Bloedvergieting volg.

Baasspeurder Blomkvist in die Knyp deur Astrind Lindgren

Human & Rousseau

Ons dink: 4/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.