Dis ’n baie voorbarige boek dié: Hy val heeltyd die storie van die ysbere in die rede. Maar darem net aan die kant van die bladsy.

Terwyl kleingoed van vyf jaar en ouer die ware storie van ysbere hoor – hoe hul lewensiklus werk en hoe hul woonplek bedreig word deur die mens se ak-tiwiteite – vertel die boek hoe hy eers ’n boks was en toe hierdie boek geword het.

Dis met ander woorde die storie van herwinning op ’n prettige manier verduidelik.

Die ander boek in die reeks is Eers Was Ek ’n Strokiesboek, maar Nou’s Ek ’n Boek oor Tiere! Hier word baie oulik aan kleintjies verduidelik hoekom hulle papier moet herwin – én word natuurlik die verhaal van tiere se bedreiging vertel.

Dit was beslis die moeite werd om die boeke (met hul kartonbuiteblaaie en sonder die gebruiklike blink plastiekomslag) uit Engels te vertaal – en dié taak is puik gedoen deur Jaco Jacobs.

Eers was ek ’n kartonboks, maar nou’s ek ’n boek oor ysbere!  deur Anton Poitier

Lapa Uitgewers, R70

Ons dink: 3/5