Die tweeling Christo en André gaan kuier ouder gewoonte by oom Pedro in sy ou skeepswinkel in Houtbaai.

Teken in op Huisgenoot

Dié keer sê hy hulle mag elkeen iets vir hulself uitsoek in ’n ou boks in die pakkamer.

Die glasflessie wat Christo kies, sit ’n hele avontuur aan die gang, want daardie nag word hulle wakker met ’n yskoue lug in hul kamer en . . . die flessie wat práát.

Hulle het gedink ’n vakansie by hul ouma en oupa kan net vervelig wees, maar nou voel dit asof die dae moet remme kry om nie met hulle weg te hol nie.

Spookskip is die derde in ’n reeks wat eers as vervolgverhaal in KleinB, Die Burger se kinderblad, verskyn het.

Die eerste was Kaptein Hamerkophaai deur Fanie Viljoen en die tweede Harlekyn deur Jaco Jacobs.

Die boeke is geskik vir behandeling in die klas met aktiwiteite vir leerders van sowat nege jaar. Laai dit af by www.nb.co.za.

Spookskip deur Antoinette Diedericks

Tafelberg, R110

Ons dink: 3/5

WEGGEE: Drie lesers kan elk ’n kopie van Spookskip wen.

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres voor 26 Mei om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.