Bronwyn stap uit die padstalletjie om te hoor waarom die klant wat pas in ’n diep baritonstem ontbyt bestel het, ’n woonwapark soek.

Toe sy voor hom tot stilstand kom, is dit asof die man soos ’n standbeeld vries.

Bronwyn weet sy’s nie te lelik nie – Nonna vertel haar juis haar soort lyf en blonde hare kan van mans slawe maak – maar dié man se stilswye is van ’n ernstiger aard.

Toe hy uiteindelik ’n woord uitkry, is dit om te sê dat hy vir ’n maand staanplek soek vir sy woonwa en dat hy vooruitbetaal.

So breek die einde aan van Bronwyn se lewe soos wat sy dit tot op hierdie dag geken het.

Anderkant die Môrester deur Anna Penzhorn

Lapa, R145

Ons dink: 3/5

WEN een van drie eksemplare van Anderkant die Môrester. 

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres voor 2 Desember om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik daarvoor dat die pryse binne ’n redelike tyd afgelewer word.