'n Chemikus het ontdek die aarde word ál warmer omdat koolsuurgas hitte vaskeer. Ou nuus? Ja, natuurlik, maar bogenoemde feit is al in 1896 deur ’n Sweedse wetenskaplike vasgestel.

En het jy geweet dat die grootste deel van alchemie nonsens is?

Robert Boyle het in 1661 al geskryf die mistieke aspekte van alchemie is alles onsin. Hy was baie ernstig daaroor dat skeikundiges hul idees eers deur eksperimente moet toets.

As sulke dinge vir jou interessant is en as jy oor planete, dinosourusse en Newton en sy appel wonder, gaan jy van hierdie boek hou. Om nie te praat van al die goeters wat ons nie kan sien nie: atome, kieme, elektrisiteit, radio-aktiwiteit, DNS . . .

Hier is allerhande foto’s en sketse in kleur wat help dat jy van die moeiliker inligting makliker kan verteer.

Die Storie van Wetenskap is geskik vir kinders van min of meer agt tot 13.

Die Storie van Wetenskap deur Anna Claybourne en Adam Larkum

Protea, R120

Ons dink: 3/5