Anna Atoom woon op die eiland MonPetit, haar troeteldiere is seeslakke en ’n robot-hond, haar ma is ’n wetenskaplike by die beste weerstasie ter wê-reld en haar pa woon op ’n ruimtestasie vol diere.

Sy het ’n boetie ook en hy is net halfpad mens – die ander helfte van Pip is ’n robot.

Anna is soos ’n vis in die water en dit is nie net ’n vergelyking om te sê hoe goed sy kan swem nie.

Sy haal regtig soos ’n vis asem deur die Waterlong wat haar pa ontwerp het toe hy nog op Aarde gewoon het. Hiermee kan sy regtig soos ’n vis asemhaal en dus so lank onder die water bly as wat sy wil.

Hierdie heerlike storieboek wemel van humor, maar ook van wetenskaplike feite en is volmaak vir nuuskierige agies van laerskoolouderdom.

Die skrywer het naam gemaak met haar Speurhond Willem-boeke en in die regte lewe is sy die hoof van die departement mikrobiologie van die Universiteit Stellenbosch.

ANNA ATOOM EN DIE SEEROWER SE DOLK DEUR ELIZABETH WASSERMAN

TAFELBERG

Ons dink: 4/5

Volg Huisgenoot op Twitter.