Die trots SA-prokureur Allette Smith is gereed om haar alleenloperstatus prys te gee. Sy en die snaakse Matilda, haar vennoot in ’n regspraktyk in Johannesburg, besluit om ou te soek op die internet.

En hoewel Allette ’n hele klomp so ontmoet, kan sy net nie vergeet van Dug, haar eks, nie.

Sy hou heeltyd sy status op Facebook dop om te sien of hy al iemand anders het. Nee, sy is nie ’n bekruiper nie; sy kyk maar net.

Intussen oortree haar dagga-rokende buurman die wet en dit lyk of hy haar saam met hom wil aftrek. En daar’s ’n kat wat gered moet word.

En tussen al die gedoentes deur word Allette boonop broeis. Haar biologiese horlosie is op hol en wat is sy veronderstel om te doen?

Ek het baie van dié snaakse blik op die liefde gehou en veral van die blik op vriendskap deur ’n jong, werkende meisie.

Seven Soul Mates deur Angelica Lea

PSD Promotions, R205

Ons dink: 4/5