“There are plenty of politicians who have mistresses and children that they hide so as to pretend they are monogamous. I prefer to be open. I love my wives and I am proud of my children.”

Ja, so het die president van ons land in Januarie 2010 gesê.

Daar is in die jaar wat verby is baie gepraat, onder meer is baie onsinnige en lasterlike dinge kwytgeraak. En ook skreeu-snaakse sêgoed.

Die twee skrywers is joernaliste met ’n fyn oog vir die satiriese in ons vrugteslaaileefwêreld waar die waarheid op ’n daaglikse basis vreemder as fiksie kan raak.

Hulle het meer as 450 sêgoed deur beroemdes, berugtes en gewone mense byeengebring om die afgelope jaar in ’n neutedop saam te vat.

Die boek is ‘n heerlike geskenk vir almal wat graag koerant lees en TV-nuus kyk.

The year in quotes deur Andrew Donaldson en Mandy Rossouw

Kwela; R129,95

Ons dink: 3/5

WEN Drie lesers kan ’n eksemplaar van The Year in Quotes wen. 

SMS die antwoord op ons vraag, jou naam en adres na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die kompetisie sluit op 6 Januarie 2011om 17:00. Die borg is verantwoordelik daarvoor dat die pryse binne ’n redelike tyd afgelewer word.

Vraag: Wie is die uitgewer van die boek?