Dit is ’n ontstellende maar baie roerende boek.

Andrea Gillies beskryf elke stap dieper in die ellende van demensie in–met meegevoel, maar sonder sentimentaliteit of selfbejammering.

Haar storie is des te meer dapper omdat sy nie net aangebied het om na haar skoonma om te sien nie, maar in die proses ook die bykomende las van haar gestremde pa op haar skouers geneem het.

Die statistiek wat sy aanhaal, laat ’n mens skrik: In 2009 was daar wêreldwyd sowat 24 miljoen demensielyers en in 2040 sal daar ’n geskatte 80 miljoen wees – en nie noodwendig almal bejaardes nie.

Sy vee die mite dat Alzheimerlyers gelukkig is van die tafel en so ook die geloof dat mense met ’n aktiewe brein immuun is.

Sy noem die begaafde skrywer wyle Iris Murdochas voorbeeld.

Keeper is ’n pragtig geskrewe, rou verslag van die verwarring en vrees wanneer ’n mens jou verstand en geheue begin verloor.

Keeper deur Andrea Gillies

Short Books, R139,95

Ons dink: 4/5