Geur van Vergifnis se sukses is grootliks te danke aan die geloofwaardigheid van die verhaal self, maar veral van die held en heldin. Bykarakters (soos Marius en Ma­riaan) kan dalk effens “larger than life” voorkom.

Die skrywer het juis dié bykarakters uit haar vorige roman verhef tot protagoniste in hierdie tweede boek van haar. En haarself op dun ys geplaas.

Wat, wonder ’n mens, wil sy bewys deur van ’n middeljarige vark in ’n rolstoel ’n romantiese held te probeer maak?

En om ’n mannetjies­agtige vrou wat haar tale meng en vrye tyd met haar katte, sigarette, bier en liefdesverhale verwyl, as heldin aan te bied?

Maar rondom hierdie twee karakters weef Alta ’n diep menslike én uitsonderlike liefdesverhaal, ’n storie wat amper-amper so goed is soos sy voorganger en vir min ander hoef terug te staan.

Alta Cloete wéét hoe om die hartsnoere te roer.

Geur van Vergifnis deur Alta Cloete

LAPA, R145

Ons dink: 3/5

WEGGEE: Drie lesers kan elk ’n eksemplaar van Geur van Vergifnis wen. 

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam, van en adres voor 9 Junie om 17:00 na 39422. Elke SMS kos R1,50.