Aan die vooraand van die Wêreldrugbybekertoernooi kom al wat ’n uitgewer is vorendag met ’n rugbyboek.

Op enkele uitsonderings na is die meeste van hulle die moeite werd om te koop en so ook hierdie een van CUM.

Agter die Doellyn het iets wat nie een van die ander bied nie, naamlik die getuienis van die geloofsoortuigings van sommige van ons voorste rugbyspelers.

So skryf Jannie de Beer byvoorbeeld: “Ek het die Here gedank vir die talent wat hy vir my gegee het en dit vir Hom teruggegee – om te gebruik soos Hy wil.”

Die boek bied ook inspirasie, of jy ’n rugbyspeler is of net iemand wat behoefte het aan aansporing.

Soos Pierre Spies se woorde oor verloor: “Wen of verloor is net soos beserings; dit is onvermydelik. Selfs wanneer jy herhaaldelik verloor, moet jy aanhou glo en hard werk.”

Onder die vele grotes wat aangehaal word, is Victor MatfieldMorné SteynKobus WieseBeast Mtawarira en Ruben Kruger. Hul lewensverhaal word kortliks vertel en met pragtige kleurfoto’s geïllustreer.

AGTER DIE DOELLYN

Christelike Uitgewersmaatskappy

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER