Hoe woordwys is jy? Voltooi ons interaktiewe blokraai hieronder en vind uit!

Graad: Maklik

Rol tot onder die blokraai om invul-wenke te sien.

Gaan so te werk

  • Die rooi leidraad is die een waarmee jy besig is.
  • Klik op die leidraad wat jy wil beantwoord en die eerste blokkie van die antwoord sal dadelik geel word.
  • Klik op die blokkie waar jy ’n letter wil invul en tik die letter.
  • Onder die blokraai is ’n ry knoppies met hulpmiddels.
  • As jy vasbrand, kan jy op “Wys letter” klik om meer letters te sien, of op “Wys woord” om sommer die hele woord te sien. “Maak seker” sal aandui of jy ’n verkeerde letter ingevul het. "Potlood" maak die letters wat jy invul rooi en is ’n funksie wat jy kan gebruik as jy nie heeltemal seker van jou saak is nie en eers wil kyk of dit werk.
  • "Wys hele oplossing" wys die voltooide blokraai.  "Bêre" is die Afrikaans vir "Save".
  • As jy die blokraai wil uitdruk en met die hand wil invul, kan jy op "PDF" regs onder klik.

Doen jy die blokraai op jou selfoon?

  • Dit werk op sy beste as jy jou selfoon dwars draai. So nie, sal jy moontlik jou skerm van regs na links moet vee om die hele blokraai te sien.
  • As jy ’n iPhone het, kan jy nie altyd vee nie en moet jy beslis jou foon dwars draai om die blokraai te kan doen.