Almal se gunsteling-polisieman is terug in Kobra, Deon Meyer se nuutste misdaadroman wat in November op die rakke is.

Huisgenoot-lesers kry eerste kans om te hoor hoe Deon gesels oor die boek wanneer hy tussen 16 en 23 November ’n landwye boektoer doen.

Ons boekeredakteur, Elna van der Merwe, sal hom ook uitvra oor sy bedrywige lewe, wat draaiboeke vir TV en film en ’n motorfietsboek insluit.

Drie van die boekkuiers gebeur om gesellige restauranttafels en een tydens ’n Lize Beekman-konsert.

Om alles te kroon: Op 23 November om 09:30 vertrek die Deon Meyer-Huisgenoot-Kobra-Gautrein van Hatfield-stasie na Rosebank. Ry saam met Deon, laat jou boek teken, geniet die gesprek en ete in die Karoo Cattle and Land en ry met die Gautrein terug Pretoria toe op die tyd wat jou pas.

Albei treinritte is gratis en die kaartjies gaan aan die eerste 100 lesers wat bespreek. Die Deon Meyer-Huisgenoot-Kobra-toer

  • 16 November, 10:00: Barnyard-teater, Willowbridge. Deon-gesprek, pizza, twee drankies: R180.
  • 19 November, 18:30: Innie Skuur, Bloemfontein. Deon-gesprek, burger en tjips, twee drankies: R180.
  • 20 November, 20:00: Atterbury-teater, Pretoria. Deon-gesprek en Beekman-konsert: R150. Bespreek by Computicket.
  • 23 November, 10:30: Karoo Cattle and Land Restaurant, Rosebank, Johannesburg. Deon-gesprek, burgers, twee drankies: R180.
Bespreek so
  • Bespreek hier vir al die boekdae behalwe die konsert in die Atterbury-teater: Bel Kevin du Toit by 021-406-4446 of stuur ’n e-pos aan hom by kevin.dutoit@media24.com.

kobra-boek-(2)