Jou hart sal smelt as jy kyk hoe Baba Piper haar splinternuwe bril vir die eerste keer opsit.

Haar ma, Jessica Sinclair, het haar dogtertjie se reaksie op Facebook gedeel toe die skattige baba haar ouers vir die eerste keer behoorlik kon sien.

“Het haar bril opgetel. Het uitgegaan om te eet en dit op te sit. Haar reaksie smelt my hart (sic)” het Jessica geskryf, met ’n glimlaggende emoticon daarby.

Piper was eers nie gretig om die bril op te sit nie.

Maar alles verander die oomblik toe haar ma uiteindelik die bril opgesit kry!

Kyk na Piper se reaksie hier onder

Bronne: buzzfeed.com, YouTube.com