Die album, wat pas uitgereik is, se omslag op Twitter laat die manne breed glimlag en maak die vroue jaloers! Die liedjie Hande lei die album in met ’n aansteeklike melodie, terwyl Karlien in Trou met My haar innerlike Katy Perry vir ons wys. Dit sal beslis die voete laat jeuk. Eden sing die titelsnit saam en die resultaat is ’n meevoerende duet. Met Toe Ons Jonk Was raak sy ook nostalgies saam met haar broer, Bobby. Ek wonder of hulle saam boom geklim en modderkoekies gebak het? Die album gaan ’n groot treffer wees. Dis ’n lekker kuieralbum, met genoeg romanse om enige paartjie in die regte luim te kry. Geniet dit!

– Martelize Brink (RSG)

Ons prys by kalahari.com: R106,37