AS JY lief is vir TV, wil jy graag weet watter nuwe reekse op pad is. In ’n vorige blog (10 nuwe TV-reekse!) het ek gekyk na ’n paar wat in Amerika gaan wys en hier is nog agt sappige vertonings om oor opgewonde te raak. DStv het bevestig dat die reekse gekoop is, maar kan nog nie sê wanneer of op watter kanale hulle gaan wys nie. Ons sal julle vertel sodra ons weet. Dié waarna ek die meeste uitsien is The Michael J Fox Show, Almost Human en Hostages. Ek het my bedenkinge oor Super Fun Night, maar dalk is dit beter as sy lokprent. The Originals

Hierdie een is vir julle, Vampire Diaries-aanhangers. Dis ’n nasleep, maar sonder Elena, Damon en Stefan. Die aksie trek van Mystic Falls na New Orleans en gaan oor Klaus, Elijah en Rebekah, die oorspronklike vampiere wat veg om beheer van die stad wat hulle eeue gelede gebou het. O, en Klaus gaan pa word en die baba se ma is ’n weerwolf. Dit lyk na lekker bonatuurlike pret en begin Oktober in Amerika. Wie’s daarin? Daniel Gillies en Claire Holt, wat in TVD was. Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=WTKj52BUEeU The Michael J Fox Show

Michael J Fox

Dis min of meer gegrond op Michael J Fox se stryd teen Parkinson se siekte. Hy is Mike Henry, ’n geliefde nuusleser en pa wat vyf jaar nadat hy met Parkinson gediagnoseer is, teruggaan werk toe. Dit lyk goed en ek het lekker gegiggel terwyl ek na die lokprent gekyk het; let op na die bewegende stoel-voorval en sy vrou se “geen tyd vir persoonlike oorwinnings nie” terwyl hy met ’n groot gesukkel probeer om aandete vir sy honger gesin voor te sit. Dit begin einde September in Amerika en ek kan nie wag om dit hier te sien nie. Wie’s daarin? Wendell Pierce (The Wire) is Mike se vorige baas. Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=SXl-krlLoxg Once Upon a Time in Wonderland Dié reeks is ’n nasleep van Once Upon a Time, een van my gunsteling-reekse, en speel hom af in Victoriaanse Engeland in Wonderland, waarvan ons in die oorspronklike vertoning ’n paar verloklike blikke gesien het. Die volwasse Alice (vertolk deur Sophie Lowe wat met tye baie soos Blake Lively lyk) het haar groot liefde, die djin Cyrus, verloor in Wonderland, waar sy haar avonture beleef het. Sy gaan terug huis toe, praat oor haar avonture en haar pa laat haar in ’n inrigting vir geestesversteurdes opneem. ’n Gebroke Alice staan op die punt om met ’n nuwe behandeling van haar verlore liefde te probeer vergeet toe die Wit Haas en Hartensboer daar opdaag om haar terug te neem Wonderland toe om hom te gaan soek. Ek hoop regtig ons sien weer die stapelgek Mal Hoedemaker. Dit begin iewers in ons lente in Amerika. Wie’s daarin? John Lithgow (3rd Rock from the Sun) is die stem van die Wit Haas. Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=7DPj3vR5d9k Almost Human

Ek is gek na wetenskapsfiksie en het ’n gevestigde belang hierin aangesien een van my TV-wederhelftes, Michael Ealy (lees laas week se blog Ontmoet my TV-mans) daarin is. Dis ’n polisiereeks wat hom in 2048 in Los Angeles afspeel, waar elke konstabel met ’n mensagtige androïed met spesiale magte saamwerk. Die vertoning fokus op John Kennex (Karl Urban van Star Trek) wat ná vorige slegte ervarings nie saam met ’n robot wil werk nie, en sy ietwat vreemde androïed, DRN – genoem Dorian (Michael Ealy). Dit begin vroeg November in Amerika. Wie is nog daarin? Lilli Taylor (Six Feet Under) en Minka Kelly (Friday Night Lights) Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=ykwxg534yAw  Ironside

ironside

Dis ’n herproduksie van ’n TV-reeks uit die sestigerjare oor ’n paraplegiese speurder. Die altyd sexy Blair Underwood is Robert Ironside, New York se taaiste polisieman, wat in ’n rolstoel is nadat hy aan diens geskiet is. Hy’s terug by die werk en lei ’n uitgesoekte span om ingewikkelde misdade op te los. Dit begin vroeg Oktober in Amerika. Wie’s nog daarin? Brent Sexton (The Killing en Life) en Spencer Grammar (Greek) Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=Wp9TJ2NRiNk Hostages

’n Chirurg wat op die Amerikaanse president moet opereer word meegedeel dat haar gesin uitgemoor sal word as sy nie die president doodmaak nie. Toni Collette (The United States of Tara) is die dokter wat te staan kom teenoor die FBI-agent en verraaier (Dylan McDermott van The Practice en American Horror Story) wat haar gesin bedreig. Dis intens en sê my nadat jy die lokprent gesien het of dit nie baie meer ingewikkeld is as wat dit lyk nie. Dit begin September in Amerika. Wie’s nog daarin? Tate Donovan (The O.C). Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=W6kB2dFT4KI Resurrection

Dis goed om Omar Epps (van House) weer op TV te sien, veral in ’n bonatuurlike reeks wat belowend lyk. Hy is ’n immigrasiebeampte wat moet help nadat Jacob, ’n agtjarige Amerikaanse seuntjie, in ’n rysland in China gevind is en nie weet hoe hy daar beland het nie. Hy word teruggeneem na sy familie, maar dit blyk dat hy langer as 30 jaar gelede gesterf het. Dis nog nie bevestig wanneer dit in Amerika sal wys nie, dalk eers vroeg in 2014. Wie’s nog daarin? Kurtwood Smith (That 70s Show), Frances Fischer (Eureka en Titantic) en Samaire Armstrong (The O.C). Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=Vo4L8xLvLao Super Fun Night

Rebel Wilson was so snaaks in die flieks Bridesmaids en Pitch Perfect dat ek haar graag hierin ook wil sien. Sy speel Kimmie, ’n prokureur wat 13 jaar die gewoonte het om elke Vrydagaand saam met haar twee beste vriendinne by haar huis te kuier. Ná ’n bevordering word sy na ’n gesogte klub genooi en wil haar roetine verander. Goed, dit klink nie spesiaal nie en die lokprent lyk dit ook nie, maar dis Rebel en ek hoop sy sal dit kan laat werk. Dit begin September of Oktober in Amerika.

Wie’s nog daarin? Liza Lapira (Robin in The B**** in Apartment 23)

Kyk hier na die lokprent http://www.youtube.com/watch?v=SzgsGSxEBEE

- Natalie Cavernelis

Lees Natalie se ander TV-blogs:

Die Emmys, The Fixer en dié wat beroof is . . .

Ontmoet my TV-mans

TV-paartjies wat bymekaar moet uitkom

10 nuwe TV-reekse!

Kyk! Die meisie van My Girl het grootgeword

Wat ’n woeste Game of Thrones!

TV se stylvolste karakters

Watter ander ouers is moeg vir Barney?

Dierbare Emily

The Fixer se koel klere

Is dit net ek?