Van ou Koos se manewales tot die dom blondine se eskapades, van dierekaperjolle tot plaasplesiere, k(l)askenades tot kantoorpret en aweregse definisies en vrae...

501 Lekkerlag-grappe is propvol staaltjies en verhaaltjies wat jou sal laat kraai van die lag!

Dié boek bevat ’n mengsel van tradisionele Afrikaanse grappe, maar sal jou ook met nuwes laat hoes en proes. Lag luidkeels, uit jou maag, en geniet die ou bekendes se amusante avonture.

Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag.

Moeilik of maklik?

Twee blondines gesels. Die eerste een sê: “Ek het vanoggend ’n swangerskaptoets gehad.”

Waarop die tweede een vra: “Was die vrae moeilik?”

Speel iets anders

Klein Harry neem vioollesse en elke aand oefen hy by die huis. Sodra hy begin oefen, begin die hond van hul bure in die woonstel net bokant hulle saam te “sing”. Uiteindelik kan die buurman hierdie hondesang nie meer verduur nie. Toe Harry dus weer begin oefen en die hond inval en “saamsing”, skree hy: “Om vadersnaam, Harry! Speel iets wat die hond nie ken nie!”

Straf hom

Jannie kom tuis met ’n werklik afskuwelike swak rapport. Toe sê sy pa woedend: “So ’n vrot rapport verdien net één ding - ’n goeie pak slae!” Waarop Jannie sê: “Nee, dis reg so! Ek weet waar ons meneer woon!”

  • Geduld: ’n Stadige manier om jou moer heeltemal te strip.
  • Goeie buurman: Iemand wat sy gras net so hoog soos joune laat groei.
  • Oorerflikheid: Iets waaraan ons glo as ons slim kinders het.
  • Optimis: ’n Man wat sy vrou by die winkels aflaai en vir haar wag sonder om die motor af te skakel.

Blitsvinnig

V: Wat gaan van 0 tot 100 in minder as twee sekondes?

A: Die skaal.

Verkeerde kant

V: Watter cowboy skiet na die verkeerde kant toe?

A: Clint Westwood.

André J. Brink is gebore op Malmesbury. Hy werk vanaf 1995 by Huisgenoot, na 26 jaar by Volksblad. André behartig Huisgenootjies al 15 jaar en het al twee grapboeke saamgestel.

KLIEK HIER om 'n eksemplaar te bestel. Onthou, spesiale aanbod net tot 15 Desember 2015 geldig.

* 501 Lekkerlag-grappe is ook in eBoek-formaat beskikbaar.