Ons musiekblogger Ian Bredenkamp bring hulde aan Nelson Mandela met vyf liedjies wat deur die groot man geïnspireer is – een vir elke dag van jou werkweek.

[caption id="attachment_61849" align="alignnone" width="600"]Nelson Mandela en die sanger Bono van U2 Die sanger Bono van U2 was nog altyd een van Madiba se grootste bewonderaars.[/caption]

Maandag

U2 se sterk nuwe treffer Ordinary Love is die temalied uit die Nelson Mandela-fliek Long Walk to Freedom. Ek is gek oor hierdie liedjie.

Dinsdag

Johnny Clegg se Asimbonanga handel oor Nelson Mandela wat op Robbeneiland is waar ons hom nie kan sien nie, en in hierdie video voer Madiba sy kenmerkende dansie saam met Johnny op die verhoog uit. Hoendervleis-oomblik!

Woensdag

Hierdie liedjie deur The Specials was aanvanklik in Suid-Afrika verbied. Free Nelson Mandela is in 1984 uitgereik.

Donderdag

Simple Minds en Peter Gabriel het albei liedjies teen apartheid opgeneem. Hier sing hulle Gabriel se treffer Biko by die Free Nelson Mandela-konsert wat in 1988 in Londen gehou is. Ongelukkig mag ons dit nie hier plaas nie, maar klik hier om na die video van Biko te kyk.

Vrydag

Tracy Chapman se Revolution sal altyd ’n wonderlike Mandela-huldeblyk bly.

- Ian

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.