Main

Maandag

Jy het seker gehoor dat Bruce Springsteen se toer aanstaande jaar  aanlyn-kaartjieverkopers in Suid-Afrika  op hul knieë gedwing het weens die opgewonde reaksie deur plaaslike aanhangers. Ek is gek oor The Boss. Hier is een van my gunstelinge deur hom.

Dinsdag

Die 16-jarige popsensasie Lorde het onlangs haar eerste album, Pure Heroine, uitgereik. Ek het al hierdie liedjie vir jou gespeel, maar luister gerus weer  - dit het daarvoor gesorg dat sy die eerste Nieu-Seelandse sanger ooit geword het wat die nommereen-plek op die Amerikaanse Billboard-trefferparade beklee het. En Donderdag word sy 17!

Woensdag

Die Suid-Afrikaanse groep Mi Casa se Jika is op die oomblik die nommereen-treffer oor die hele land heen. ’n Lekkerrrrr liedjie!

Donderdag

Donderdag is oudedoos-dag. Onthou jy dié liedjie van Tracy Chapman? Sy het dit in 1988 by die huldigingskonsert ter ere van Nelson Mandela se 70ste verjaardag in Londen gesing. Dit was haar tweede optrede tydens die konsert omdat sy in Stevie Wonder se plek moes gaan sing nadat hy weens ’n tegniese probleem nie kon optree nie. Dié dubbeldoor-optrede het haar oornag ’n ster gemaak – voor die konsert het sy maar 250 000 albums verkoop, daarná het dit opgeskiet tot twee miljoen.

Vrydag

Dis naweek! Hier’s iets deur die Fransman David Guetta om jou in die regte bui te kry.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.