Ons musiekblogger Ian Bredenkamp skop jou werkweek af met ’n treffer deur Bruce Springsteen om jou  in die bui te begin kry vir sy toer volgende jaar.  Luister ook na Ian se keuse van liedjies deur One Direction, The Cure, Michael Jackson en Suzanne Vega.

[caption id="attachment_57326" align="alignnone" width="600"]Foto: Andes Fevrier op Flickr Foto: Andes Fevrier op Flickr[/caption] ONS dink vandag aan die bekroonde SA hip-hop-kunstenaar Kuli Chana, wat tuis herstel nadat hy die naweek die slagoffer van ’n skietaanval was, na bewering deur die polisie, wat hom glo vir iemand anders aangesien het. Ons hoop hy is gou weer op die been. Sy treffer saam met The Parlotones, Sleepwalker, is op die oomblik baie gewild en op omtrent elke radiostasie te hoor. Kom ons spring weg met ons vyf liedjies vir die werkweek. Maandag Bruce Springsteen gaan in Januarie en Februarie aanstaande jaar in SA kom toer. Daar sal verseker nie plek vir ’n muis by sy konserte wees nie. Kom ons luister na sy klassieke treffer uit 1984, Dancing in the Dark. Dinsdag One Direction is tans verreweg die wêreld se grootste popgroep. Hier is hul huidige treffer, Best Song Ever. Woensdag Suzanne Vega kom vanaand in Suid-Afrika aan. Sy is hier vir konserte op 1, 2 en 3 November. Hier is Caramel, my gunsteling-liedjie deur haar. Donderdag Donderdae krap ons in die oude doos rond. Hier is ’n klassieke liedjie van Michael Jackson, The Way You Make Me Feel. Michael is verlede week deur die tydskrif Forbes aangewys as die 2012-topverdiener van sterre wat dood is.   Vrydag

Ek was lus vir iets uit die ’90’s. Iets wat rock. Onthou jy hierdie treffer deur The Cure? Dis Friday I'm in Love.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.