Ons musiekblogger Ian Bredenkamp het heerlike musiek gekies vir die werkweek wat voorlê – onder meer deur sterre wat nou in die nuus is soos Rihanna, die nuweling Lorde en Sinéad O’Connor.

[caption id="attachment_54785" align="alignnone" width="371"]Woensdag se keuse: Rihanna met Umbrella Woensdag se keuse: Rihanna met Umbrella[/caption]

Maandag

Kom ons val weg met die grootste deurbraak-liedjie van die jaar. Die 16-jarige nuweling Lorde (haar regte naam is Ella Yelich-O’Connor) van Nieu-Seeland het Miley Cyrus se Wrecking Ball van die boonste plek van die Amerikaanse treffersparade afgeskop met haar verrassingstreffer Royals. Die laaste 16-jarige wat boaan die treffersparade gepryk het, was Tiffany in 1987 met I Think We’re Alone Now.

Dinsdag

En van ’n Tiffany-treffer gepraat: Ek dink I Think We’re Alone Now was fantasties. Dit word dikwels afgeskryf as tipiese pop uit die 1980’s, maar dit sou onbillik wees om te vergeet hoeveel plesier sy ons in 1987 met hierdie liedjie gebring het.

Woensdag

Rihanna is vandeesweek in SA vir ’n reeks konserte. Hier is die 2007-treffer wat haar bekend gemaak het: Umbrella.

Donderdag

Die Ierse sangeres Sinéad O’Connor het verlede week vir Miley Cyrus in ’n ope brief moederlik  betig omdat sy haar lyf so ten toon stel. Het Sinéad die regte ding gedoen? Besluit self, maar een ding bly seker: Haar 1990-treffer Nothing Compares 2 U, geskryf deur Prince, is ’n klassieke nommer wat altyd met ons sal wees en perfek pas by oudedoos-Donderdag.

Vrydag

Dis die beste dag van die week! Hier is jou temaliedjie vir die naweek: Turn Around deur die Britse dansduo Phats & Small (1999).

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.