Ons musiekblogger Ian Bredenkamp kies soos altyd op ’n Maandag lekker musiek vir elke dag van jou werkweek.

Maandag

One Republic se Counting Stars is op die oomblik sonder twyfel my gunstelingliedjie op die radio. OneRepublic het ’n paar jaar gelede Maroon 5 se konsert in Suid-Afrika geopen – nou is dit húlle wat boaan die trefferparades pryk.

Dinsdag

Roar, Katy Perry se nuwe liedjie, het die rekord verbeter vir die meeste kyke in die eerste drie dae ná uitreiking . . . al hap die naakte Miley Cyrus (in haar musiekvideo Wrecking Ball) aan haar hakke. Dis ’n pragtige video!

Woensdag

Die Italiaanse sangsensasie is vandeesweek in Suid-Afrika vir twee konserte by Montecasino in Johannesburg. Patrizio Buanne het voorheen al heelparty liedjies in Afrikaans opgeneem. Ek Mis Jou Elke Dag is sy treffer saam met Corlea Botha.

Donderdag

Donderdae speel ons gister se musiek. Jy kry nie sommer beter, of meer gister, as die klassieke 1975-treffer Reasons deur Earth Wind & Fire nie.

Vrydag

Dis Vrydag. Dis naweek. Is jy reg vir iets om jou aan die gang te skop? Moenie bekommerd wees nie, in hierdie liedjie swaai niemand kaal op ’n slopingsbal rond nie. Hier is ’n naweek-juweeltjie deur Bob Sinclar.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.

Luister na Ian se vorige liedjie-aanbevelings by:

9 September 2013

2 September 2013

26 Augustus 2013

19 Augustus 2013

12 Augustus 2013

5 Augustus 2013

29 Julie 2013