[caption id="attachment_48524" align="aligncenter" width="600"]Herken jy dié akteurs in die video vir Hopeless Wanderer? Rol tot heel onder om te sien wie is wie in dié skreeusnaakse video. Herken jy dié akteurs in die video vir Hopeless Wanderer? Rol tot heel onder om te sien wie is wie in dié skreeusnaakse video.[/caption] Maandag The Boomtown Rats: I Don’t Like Mondays Dis ’n baie eerlike liedjie vir ’n eerlike begin van die week. Een van Bob Geldof se grootste treffers en vier weke lank boaan 1979 se trefferlyste. Dinsdag

Mumford & Sons – Hopeless Wanderer Dié nuwe video en enkelsnit deur Mumford & Sons het die internet oorrompel. Dis ’n goeie liedjie, maar die video is selfs beter en het Hollywood-akteurs wat lede van die groep vertolk. Kyk of jy die beroemde gesigte kan herken  - of rol tot heel onder om te sien wie is wie. Woensdag Little Mix met Missy Elliot – Hey How ta Doin Hierdie enkelsnit sit ’n huppel in jou stappie hier teen die middel van die week. Dis onweerstaanbaar aansteeklik en die video is kleurryk en prettig. Sit dit hard aan! Dis amper naweek. Donderdag Bonnie Tyler – Total Eclipse of the Heart In die 1980’s het hierdie liedjie Michael Jackson van die trefferlyste afgestoot. Bonnie is dié maand op pad Suid-Afrika toe en hou konserte in Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Vrydag

Jack Parow – Cooler as Ekke

Hy het die volk verlede week om die bos gelei met ’n storie dat hy in hegtenis geneem is en nie by Oppikoppi sou optree nie. Die onwaarskynlike storie was dat Jack ’n buurman se katamaran in die middel van die nag vir ’n plesiervaart geneem het en in hegtenis geneem is. Die mislukte reklamefoefie was ’n lek teen die muur, maar ons vergeef die innemende Jack Parow.

-       Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.

Lees Ian se vorige liedjie-aanbevelings by: 29 Julie: 5 liedjies om jou week op te vrolik 5 Augustus: 5 liedjies om jou week op te vrolik Naskrif

Kon jy die akteurs herken wat in die video vir Hopeless Wanderer optree? Van links is hulle: Ed Helms (The Hangover, The Office), Jason Bateman (Arrested Development, Horrible Bosses), Jason Sudeikis (Saturday Night Live) en Will Forte (Saturday Night Live, 30 Rock)

all four