[caption id="attachment_47996" align="alignnone" width="600"]Patrizio Buanne sing That's Amore in Napels. Patrizio Buanne sing That's Amore in Napels, oftewel "old Napoli".[/caption]

Maandag

Dis die begin van ’n nuwe week. Jy het iets nodig om jou aan die gang te skop. Iets wat die week reg begin en jou die woema te gee om tot Vrydag te hou. Onthou jy nog die 1986-treffer Manic Monday deur The Bangles? Dit was die opvolg van die rasend suksesvolle Walk Like an Egyptian. Die liedjie is oorspronklik deur Prince as ’n duet geskryf, en hy het dit later vir die meisiegroep aangebied.

Dinsdag

Die Italiaanse ster Patrizio Buanne het Suid-Afrika verlede week binnegeglip om liedjies op te neem saam met Lianie May en BlackByrd se Tarryn Lamb – hy’s in September terug vir konserte in Johannesburg. Die vroue het gedink hy is vreeslik sjarmant en aantreklik . . . geniet dié weergawe van That’s Amore.

>

Woensdag

Dis die derde dag van die week. Jy’t iets nodig wat nuut en prettig is. Iets vars en gelukkig wat jou laat glimlag. Dié liedjie deur Naughty Boy met Sam Smith oorheers oor die radio en op die dansvloer. Sy naam is La La La en dis die debuut-enkelsnit deur die Brits gebore Shahid Khan (Naughty Boy is sy verhoognaam), wat oor die wêreld heen die nommereen-plek behaal het.

Donderdag

Donderdae dink ons altyd aan vervloë tye. Dis die dag waarop ons in ons ou plateboks gaan rondkrap en iets soek wat vol herinneringe aan gelukkige dae is. Kom ons neem jou terug 1983 toe met Joan Armatrading se Drop the Pilot.

Vrydag

As Donderdae vir gister se musiek is, is Vrydae bedoel vir partytjieliedjies. Dis naweek! Tyd om jou skoene uit te skop en van jou baas te vergeet. Hier’s dus ’n Vrydagliedjie vir jou . . . maar met ’n koel Suid-Afrikaanse kinkel. Dance Sum More het Mango Groove kalklig toe geskiet . . . en hulle selfs ’n verhoog met die Rolling Stones laat deel.

-       Ian Bredenkamp

Ian BredenkampIan Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.

Lees Ian se vorige liedjie-aanbevelings by:

29 Julie: 5 liedjies om jou week op te vrolik

Lees Ian se vorige blog by