Maandag

Die ster van die 90’s Suzanne Vega het nog datums by haar toer in Suid-Afrika gevoeg. Sy gaan in November in Johannesburg en Kaapstad optree. Hier is my gunstelingliedjie van haar, Tom’s Diner (die DNA remix)

Dinsdag

Ons herdenk vandag Jimi Hendrix se begrafnis op 1 Oktober 1970 in Renton, Washington. Die kitaarlegende is deel van die berugte 27-klub (musikante wat almal op die ouderdom van 27 oorlede is). Hierdie snit is een van sy beste, Purple Haze.

Woensdag

Blackbyrd en Craig Hinds is bo-aan trefferlyste in Suid-Afrika met dié trots Suid-Afrikaanse treffer, From The Bottom of My Heart:

Donderdag

The Pet Shop Boys is weer in die nuus met kleurvolle toerfoto’s op Facebook en Twitter. Hulle is my “ou skool”-keuse van die week met West End Girls.

Vrydag

Ek het iets prettigs en vroliks gekies vir Vrydag. Sybil se The Love I Lost uit 1991. Geniet die naweek!

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp is mal oor musiek! Hy bied daagliks ’n program op 94.5 Kfm aan en lees die musieknuus op 567 Cape Talk en Eyewitness News.