Maandag

Daar heers groot opgewondenheid oor die nuus van die Alison Moyet-toer wat Suid-Afrika toe kom. Die destydse Yazoo-sangeres het die afgelope 30 jaar ongelooflike sukses op die trefferparades gehad. Sy gaan op 13 en 15 Desember in Emperors Palace speel en in die Paarl Amfiteater op 15 Desember. Hier is een van haar eerste treffers uit 1983.

Dinsdag

’n Listige klein liedjie is besig om ’n virale treffer te word. Het jy al van Ylvis – the Fox gehoor? Ek ook nie. Maar wat ’n video!

Woensdag

Vandag in 1982 het John Cougar Mellencamp die enigste man geword om met twee enkelsnitte van dieselfde album in die Amerikaanse top-10 te spog. Hurts So Good en Jack and Diane was vir hom enorme treffers. Hier is my gunsteling van die twee:

Donderdag

Donderdae krap ons in die oude doos rond. Neil Tennant en Chris Lowe het in die 1980’s as die Pet Shop Boys koning gekraai. Onthou jy nog hierdie danstreffer?

Vrydag

Avicii se nuwe treffer Wake Me Up is nommer een op al die top 40-stasies in Suid-Afrika – ek kan nie aan ’n beter manier dink om jou in die naweekgees te help kry nie.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.

Luister na Ian se vorige liedjie-aanbevelings by:

2 September 2013

26 Augustus 2013

19 Augustus 2013

12 Augustus 2013

5 Augustus 2013

29 Julie 2013