DIS die laaste week van die maand – altyd ’n bittersoet ervaring omdat jou geld waarskynlik nou al op is. Die goeie nuus is dis betaaldag-week en jy het waarskynlik vyf dae van lekkerkry wat voorlê voor daai ellendige debietorders jou rekening begin leegsuig. Hier is liedjies om jou gelukkig te maak! Lekker inkopies doen!

Maandag

Die Flying Lizards is vir net een liedjie bekend . . . hul opname van Money het in 1979 vir hulle ’n treffer-enkelsnit geword. Dink daaraan as jou tema vir betaaldagweek . . .

Dinsdag

Die internasionale Eerste Dame van rock, Bonnie Tyler, kom vandeesweek SA toe vir ’n reeks konserte. Die Johannesburgse konserte is reeds uitverkoop en later in die maand sal sy in Bloem en Kaapstad wees. Hier is haar nommereen-treffer wat in 1983 boaan die parades was, Total Eclipse of the Heart.

Woensdag

Dis die middel van die week. Klein Saterdag. Hier is iets vroliks om jou deur die res van die week te help kry: Kelly Clarkson se nuutste treffer, People Like Us.

Donderdag

Donderdae krap ons in die oude doos. Kom ons gaan terug 1990’s toe met dié juweeltjie deur die Sweedse poprock-groep Roxette.

Vrydag

Is jy al reg vir die naweek? Ek dink jy moet vandag ’n lekker dawerende doef-doef-vloervuller kry om by die werk te speel. One Direction is terug op die trefferparade met hul nuwe liedjie, Best Song Ever. Geniet jou naweek!

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.

Luister na Ian se vorige liedjie-aanbevelings by:

19 Augustus 2013

12 Augustus 2013

5 Augustus 2013

29 Julie 2013