Ons musiekblogger kon sy ore nie glo toe hy hoor Santana kom aanstaande jaar in SA optree nie en kies ’n treffer deur dié legendariese superster. Hy speel ook iets deur sy gunsteling-Idols-mededinger en ’n paar ander liedjies om jou deur die werkweek te help.

[caption id="attachment_58723" align="alignnone" width="600"]Op pad na Suid-Afrika: Carlos Santana Op pad na Suid-Afrika: Carlos Santana.[/caption]

Maandag

Het jy die aankondiging gehoor oor die nuutste internasionale superster wat SA toe kom? Ek kon my ore nie glo toe ek hoor Santana kom speel vroeg aanstaande jaar in Kaapstad en Johannesburg nie. Hier is solank ’n lusmakertjie: Smooth saam met Rob Thomas.

Dinsdag

Ek het vanoggend op my radioprogram met die Idols-sensasie Zoe Zana gesels. Wat ’n ster! Wees op die uitkyk vir dié opkomende naam in Suid-Afrikaanse musiek . . . en stem vir haar! Hier sing sy Fantasia se Lose to Win op die program.

Woensdag

Hier’s iets nuuts om jou halfpad deur die week aan die rock te kry: Bastille se opvolg op Pompeii: Things We Lost In The Fire.

Donderdag

Donderdae is oudedoos-dae. Hierdie liedjie van Nirvana het die geslag van die 1990’s help vorm: Smells Like Teen Spirit.

Vrydag

Kom in naweekluim met Can’t Get You Outta My Head deur Kylie Minogue; dit laat omtrent ’n mens se voete jeuk.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.