Elvis Maandag Het jy verlede week die groot nuus gehoor? Maxwell is op pad Suid-Afrika toe! Die R&B-legende is bekend daarvoor dat hy vroue se knieë heeltemal lam maak. Nog nooit van die man gehoor nie? Kyk en luister na Pretty Wings, my gunsteling- Maxwell-treffer. Dinsdag Van konserte gepraat: Alison Moyet kom in Desember Suid-Afrika toe en het ’n groot nuwe album uitgereik, The Minutes. Hier is die tweede enkelsnit, Changeling. Woensdag Elvis Blue se Afrikaanse album, Afrikaans, is einde September uitgereik en is omtrent besig om die mark op horings te neem. Op die dag van sy uitreiking het dit no. 3 op die iTunes-trefferparade behaal. Die enkelsnit van die album, Rede om te Glo, is al ’n treffer sedert Elvis dit in Julie vroeër vanjaar by Huisgenoot se Tempo-toekennings bekend gestel het. Donderdag Donderdae krap ons in die oude doos rond. Ek is versot op hierdie een uit 1984 – Billy Joel se For the Longest Time. Vrydag

My Vrydag-naweeklofsang is hierdie nuwe snit deur DJ Kent met The Arrows. Dis baie sexy en baie Suid-Afrikaans!

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.