Maandag

Vandeesweek is dit Rihanna wat die land laat gons. Die skoonheid van Barbados het gisteraand voor ’n stampvol FNB-stadion gesing as deel van haar Diamonds-toer, en Woensdag kies sy koers Kaapstad toe. Hier is haar nuutste groot ballade, Stay, saam met Mikky Ekko.

Dinsdag

Vandag is die herdenking van die dag in 1967 toe die folk-ster en aktivis Joan Baez en 123 ander mense in hegtenis geneem is omdat hulle die ingang tot ’n induksiesentrum vir die weermag in Kalifornië versper het om teen die oorlog in Viëtnam te betoog. Hier is haar treffer Diamonds and Rust.

Woensdag

Die grootste liedjie vandeesweek in SA is Katy Perry se Roar!

Donderdag

Donderdae krap ons in die oude doos rond. Onthou jy hierdie treffer uit die 1980’s deur Ryan Paris? Die liedjie Dolce Vita sal jou terugvoer na gister.

Vrydag

Dis naweek! Luister na You Make Me, die warm nuwe partytjieliedjie deur die Sweedse DJ Avicii.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.