BOEKE collage1

Gr. 1 tot 3

  • Mejuffrou Muis-reeks – Elle van Nieshout en Erik van Os

    Dié vier Nederlandse boekies is in Afrikaans vertaal en bied humor en oulike tekeninge wat kinders se verbeelding sal aangryp. Lees ’n volledige resensie hier.

  •  The Mouse and the MotorcycleBeverly Cleary

    Die stil hotel wat Ralph die muis sy huis noem, is allesbehalwe opwindend, maar alles verander toe die nuuskierige jong Keith saam met sy ouers by dié hotel kom vakansie hou.

  • Alvin Ho: Allergic to Camping, Hiking and Other Natural Disasters Lenore Look

    Pa en seun gaan kampeer toe Alvin se pa ’n liefde vir die natuur by sy seun wil aanwakker. Alvin leer om ten spyte van al sy vrese tog dapper te wees.

  • WillowDenise Brenman-Nelson en Rosemarie Brennan

    Juffrou Hawthorn het haar hande vol met die kreatiewe Willow,  ’n leerder wie se kreatiwiteit en goedhartigheid haar juffrou en hul klas verander.

  • Snoring BeautyBruce Hale

    ’n Skreeusnaakse sprokiesverhaal met ’n kinkel. Prinses Marge verander in ’n snorkende draak en moet so bly tot ’n ongewone held haar kom red.

  • Speurder Kwaaikofski-reeksJürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski is ’n skool-laaitie wat altyd Carpenter-kougom kou en ’n pet dra, en eenvoudige raaisels oplos, soos wie die snoepie se kougom gaps.

BOEKE collage2

Gr. 4 tot 6

  • Rillers-reeksFrançois Bloemhof

    Dié reeks grillerige verhale is ’n Afrikaanse alternatief vir RL Stine se Goosebumps-reeks wat so gewild is onder tieners. Lees hier ’n resensie oor Donkerwoud – een van die boeke in die reeks.

  • Die Swart Kat-reeks – Chris Sasner

    Die TV-reeks Die Swart Kat uit die 80’s het beslis die kleingoed se verbeelding aangegryp. Nou word die boeke heruitgegee om ’n nuwe geslag seuns en meisies aan te spoor om ’n swart mantel en masker op te neem en vir geregtigheid te baklei. Lees hier ’n resensie. As jou kinders daarvan hou om boeke te lees wat ma en pa ook gelees het, stel hulle ook voor aan die Uile-, Saartjie, Maasdorp- en Keurboslaan-reekse. Al dié klassieke kinderboeke is die afgelope paar jaar in ’n nuwe formaat uitgegee.

  • Tuck Everlasting – Natalie Babbitt

    Lesers van alle ouderdomme sal hul verdiep in die verhaal van die tienjarige Winnie Foster. Sy moet kies tussen ’n normale lewe of om vir ewig te leef nadat sy op ’n fontein afgekom het wat ’n mens se lewe kan vasvang op die ouderdom wanneer jy die water drink.

  • Anna Atoom en die Seerower se DolkElizabeth Wasserman

    Anna Atoom woon op die eiland MonPetit, haar troeteldiere is seeslakke en ’n robothond, haar ma is ’n wetenskaplike by die beste weerstasie ter wêreld en haar pa woon op ’n ruimtestasie vol diere. Lees ’n volledige resensie hier.

  • When you reach meRebecca Stead

    A twaalfjarige meisie van New York probeer sin maak van ’n reeks vreemde notas wat sy van ’n onbekende sender ontvang.

  • Speurder Annika-reeks– Elmarie Botes

    ’n Gr. 5-meisie doen snuffelwerk in en om die skool. Sy moet onder meer uitvind wie steel die skool se revue-rekwisiete.

  • Gedaantes en Geraamtes-reeks – Louise Prinsloo

    Tonekrul-omnibusse met lekkerlees-spookstories.

BOEKE collage3

Gr. 7-9

  • Die Nova-reeks deur Fanie Viljoen.

    ’n Reeks oor ’n klomp tieners wat die geheime op ’n militêre basis probeer oplos. Lees hier ’n resensie van Vuurdoop, die tweede boek in die reeks.

  • PerfekJaco Jacobs

    Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan . . .

  • The Beautiful Stories of Life: Six Greek Myths, RetoldCynthia Ryland

    Klassieke Griekse mites soos Pandora en Orpheus word maklik leesbaar oorvertel. Uitstekende illustrasies rond die verhale mooi af.

  • Northward to the moonPolly Horvarth

    Jane en haar gesin gaan kampeer nadat haar stiefpa sy werk verloor het. Die gesin beland in die Amerikaanse woestyn nadat hulle ’n sakgeld kry wat dalk gesteel is.

  • Serendipity MarketPenny Blubaugh

    Toe die wêreld van sy as afval, moet storievertellers wêreldwyd bymekaarkom en volksverhale deel om die balans te herstel.

BOEKE collage4

Gr. 10-12

  • Permanente InkCarina Diedericks-Hugo

    Hier’s bloed, moordenaars, moord, liefde en die Romeo-en-Juliet-moordenaar is besig. Hy/sy dink dit is die beste manier om iemand te keer om seer te kry weens die liefde. Lees hier ’n volledige resensie.

  • Die OnbekendesFrançois Bloemhof

    Hierdie sielkundige riller is meesterlik geskryf. Spanning bou reeds in die eerste hoofstuk op en die verhaal sleur jou mee. Lees die volledige resensie hier.

  • Spud-reeks – John van de Ruit

    ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal oor John Milton, oftewel Spud, wat sy voete probeer vind in ’n spogskool in KwaZulu-Natal. Sy aweregse ouers (en hul gekrokte kar), rowwe vriende en ’n aantreklike meisie sorg vir vele avonture.

  • Hunger Games-trilogie – Suzanne Collins

    In dié futuristiese wêreld moet Katniss Everdeen baklei om oorlewing. Die eerste fliekweergawe van dié gewilde reeks is onlangs uitgereik. Dis die tipe boek wat jy nie maklik sal kan neersit nie.

  • The Book ThiefMarkus Zusak

    Die boek speek af op die fiktiewe dorpie Molching tydens die Nazi-besetting van Duitsland. Die hoofverteller is die Dood en bied ’n ongewone blik op die verhaal van Liesel Meminger en haar liefde vir boeke.

Saamgestel deur Shané Barnard