Mary’s Song (Oh My My My)

Dis ’n oulike liedjie oor ’n romanse wat op sewe begin en duur tot die beste vriende in hul tagtigs is.

Tim McGraw

Dié liedjie het die weg vir Taylor se sukses gebaan. Dis geïnspireer deur die countrylegende Tim McGraw en gaan oor ’n liefde wat geïnspireer is deur Taylor se gunsteling-liedjie deur Tim McGraw.

The Story of Us

Dit gaan oor ’n romanse waaroor almal jaloers was. Dit was veronderstel om ’n gelukkige einde te hê, maar gaan eintlik oor die hartseer van ’n romanse wat nie vir altyd gehou het nie en hoe ongemaklik dit is om gedurig die persoon te sien omdat julle dieselfde skool bywoon.

Ours

’n Oulike liefdesverhaal wat almal groen van jaloesie gemaak het. Maar jou verliefdheid maak dat jy jou nie steur aan al die bitterbekke nie, soos Taylor sing: “Don’t you worry your pretty little mind; people throw rocks at things that shine.”

I almost do

’n Liedjie oor diep berou. Sy sing oor hoe sy amper ’n hele klomp goed gedoen het om ’n verlore liefde terug te wen, en verduidelik hoekom sy dit nooit gedoen het nie.

Innocent

Die boodskap is om jouself te vergewe vir foute wat jy gemaak het.

All too well

Die liedjie gaan glo oor Jake Gyllenhaal en oor twee mense wat ’n spesiale liefde gedeel het en noudat dit verby is, is daar steeds dinge wat hulle aan die verhouding herinner.

Fifteen

Dié een is vir haar aanhangers. Taylor praat van die liefde wat ons op 15 ervaar en hoe ons keuses ons toekoms beïnvloed en gee raad uit die oogpunt van iemand wat ouer is wat die lewe as 15-jarige ervaar het waar jy elke woord glo wat uit ’n tienerseun se mond kom.

Breathe

Die liedjie gaan oor verlore liefde en om te aanvaar dat die ander persoon soms eenvoudig van plan verander, al is dit moeilik om te aanvaar.

Last kiss

Sy is ’n romantiese siel. En dit beteken gewoonlik ’n gebroke hart. Die liedjie gaan oor daardie laaste soen waaraan jy nooit dink as jy meegevoer is deur die geluk en romanse nie.

-Faiza Mallick