Met ’n kunslyn van 3 200 km lank en niks minder nie as 41 bestemmings met blouvlagstatus is Suid-Afrikaanse strandgangers waarlik dwarsdeur die jaar geseën met volop asemrowende strande. Ons kuslyn is ryk aan eksotiese verborge skatte waarmee die meeste inwoners nie eens vertroud is nie. Hier is ’n lys van skouspelagtige (byna) geheime strande landwyd. 1. Hole in the Wall – Koffiebaai

A photo posted by @eliwue on

Hierdie afgesonderde area is omring deur groot oop vlaktes en ongerepte strande. Hole in the Wall is in die idilliese vallei van Koffiebaai in die Oos-Kaap. Hierdie strand is oortrek met klein ronde klippies en dit is bekend as ’n gunsteling onder branderplankryers. Die afgesonderdheid van die strand gee dit ’n rustige atmosfeer en maak dit ideaal vir prettige aktiwiteite soos voëlbesigtiging, staptogte en visvang. 2. Hluleka-strand – Wildekus, Transkei

Hluleka lê langs die klipperige kuslyn van die Wildekus, ’n feitlik foutlose baai wat omring is deur welige plantegroei en woude. Hierdie minder bekende bestemming is 20 km suid van Port St. Johns in die Oos-Kaap en in die hartjie van die Hluleka-natuurreservaat. Die strand is perfek vir romantiese wandelinge, visvang, pieknieks en dolfyn- en walvisbesigtiging. 3. Diazstrand – Kaapstad

Die Kaappunt-natuurreservaat het talle ongerepte geheime strande, insluitend Diazstrand – ’n uitgestrekte strand met wit sand en helderblou waters. Hierdie prentjiemooi plek is 20 minute se stap van die hoofpad en fantasties vir branderplankgeesdriftiges. 4. Buffelsbaai-strand – Kaapstad

A photo posted by Tye Black (@tyeblack1) on

Nog so ? verborge skat in die Kaappunt-natuurreservaat is die relatief beskutte strook Buffelsbaai, kompleet met talle getypoele. Dit is ook een van die gunstelinge onder dié wat graag piekniek hou, en die groen grasperke net buite die strandgebied bied fietsryers die perfekte terrein vir ’n fietsrysessie ná ’n vinnige swem in die see.

5. Preekstoelstrand – Weskus, Wes-Kaap

Hierdie rotsformasie is naby Stilbaai in die Wes-Kaap. Dit kyk uit oor die 25 km lange strand met sy pragtige blou waters. Inwoners beskou dit as ’n klein stukkie paradys. Daar is ook ’n geroeste skeepswrak en dwarsdeur die jaar is hier veldblomme te sien. 6. Water’s Edge – Simonstad, Kaapstad

A photo posted by @hilarysjoy on

Dis een van die stad se bes bewaarde geheime dié. Dié afgeleë strand lê tussen Seaforth- en Boulders-strand. Water’s Edge bestaan uit ’n pragtige baai en het verskeie rotspoele, wat ’n tuiste bied vir honderde indrukwekkende seesterre. Die inwoners snorkel graag hier en swemmers hou daarvan om van die reusagtige rotse af tot in die kristalhelder water te spring. 7. Noetzie – Knysna

A photo posted by Eckardt Kasselman (@eckardt_) on

Die afgesonderde baai het ’n ongerepte strand en word glad nie versteur deur oorywerige toeriste nie. Die strand is geleë in ’n riviermonding met ’n donker strandmeer, en dit is omring met ’n verskeidenheid fauna en flora. Die strand is ’n geliefde kenmerk van die kusdorp. Die pragtige versameling van klassieke strandhuise en moderne kastele langs die strand verleen ook ’n ouwêreldse sjarme aan die dorp. 8. Gerickespunt-strand – Sedgefield, Tuinroete

A photo posted by @cozetteweyers on

Verweerde sandsteenkranse, rotspoele vol krappe, seekastaiings en ’n rotsbaken wat die kop van ’n leeu voorstel – dit is net ’n paar van die hoogtepunte van die idilliese Gerickespunt. Hierdie strand is veral gewild onder inwoners, avonturiers en natuurliefhebbers. Dit is een van die beste bewaarde geheime van die Tuinroete. 9. Gonubie-strand – Oos-Londen

Gonubie is ’n klein stukkie paradys langs die Oos-Londense kus. Die strand lê net 20 km noordoos van die bruisende metropool en dit grens aan die Gonubie-rivier. Daar is ook ? sprankelende strandmeer. Jy kry toegang tot die strand langs ’n houtloopvlak, wat uitkyk oor die strandmeer en getypoele daaronder. Dit is ook die ideale plek vir dolfyn- en walvisbesigtiging en is ’n gunsteling onder brander- en seilplankryers. 10. Umzumbe – KZN Suidkus, KwaZulu-Natal

A photo posted by Lena (@lenafertigaus) on

’n Woud omring dié blouvlagstrand en ’n mens kan dit net met ’n steil voetpaadjie bereik, maar dié stappie is meer as die moeite werd. Die ongerepte strand is omring deur goue seesand en digte plantegroei en is die ideale plek om te gaan swem. Daar is ook ’n groot sandsteenrotspoel waarin die hele gesin ure lank kan baljaar.

– Latashia Naidoo

ctx0417_2725_eastercampaign_600x450_digitorial_huisegenoot