via_fb_mauritius

Daar is min dinge so kosbaar soos ’n broer of suster, en in die VIA-program, Bobby en Karlien: In jou Skoene, wys boet Bobby en sus Karlien van Jaarsveld hoe besonders so ’n band tussen ’n broer en suster kan wees. 

Om hierdie band tussen sibbes te vier, wil VIA (DStv-kanaal 147), Mauritius Tourism en Heritage Awali-gholfoord-en-spa van jou spesiale band met jou broer of suster hoor.

Deel jul storie, laai ’n foto van julle saam op en staan ’n kans om hierdie wonderlike prys te wen! Mauritius Tourism bederf die wenspan met ’n ongelooflike vakansie van 5 nagte vir 4 mense ter waarde van R35 000 per persoon na die Heritage Awali-gholfoord-en-spa in Mauritius. Die totale waarde van die prys beloop R140 000! Heritage Awali-vakansieoord via_mauritius2

WEN!

Een gelukkige stel sibbes, hetsy broers, susters of ’n broer en ’n suster, kan die reis van ’n leeftyd losslaan na Mauritius!

Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in voor 31 Maart om 12 nm. Vertel ons waarom jy en jou broer of suster die wenspan moet wees en laai ’n foto van julle saam op om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys.

Let wel: bepalings en voorwaardes geld.

HIERDIE KOMPETISIE HET REEDS GESLUIT.

Bepalings en voorwaardes:

  1. Die kompetisie sluit 31 Maart 2017 om 12 nm.
  2. Die besluit van die beoordelaars is finaal en die prys is nie oordraagbaar of verruilbaar vir kontant nie.
  3. Die persoon wat inskryf wen saam met sy/haar broer/suster. Beide partye kan ’n metgesel saamneem vir ’n totaal van vier mense.
  4. Die volgende is ingesluit by die prys: Retoervlugte vanaf Kaapstad, Johannesburg of Durban se internasionale lughawe; Lughawe-belasting; Vervoer vanaf die lughawe na die Heritage Awali-gholfoord; Twee kamers vir vyf nagte; Daaglikse ontbyt en aandete; Baanfooie (18 putjies gholf per dag per persoon).
  5. Die volgende is uitgesluit by die prys: Vervoer na en van die lughawe in Suid-Afrika; middagete by die oord; drankies saam met etes; enige ander uitstappies/aktiwiteite nie eksplisiet hier gemeld nie.
  6. Die wenner(s) en hul metgeselle moet in besit wees van ’n geldige paspoort.
  7. Die prys is geldig vir ’n jaar en kan enige tyd in daardie jaar opgeëis word buiten tydens spitsseisoen (15 - 17 April 2017; 20 Desember - 7 Januarie 2018).
  8. Die wenner(s) sal hul vliegtuigkaartjies/verblyf in oorleg met Mauritius Tourism bespreek en vlugte en verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.
  9. VIA aanvaar geen verantwoordelikheid vir die veiligheid van die wenner(s) en hul metgeselle tydens die vakansie nie.
  10. Die wenner(s) se name sal in die sosiale media bekendgemaak word.
  11. Deur vir die kompetisie in te skryf stem die wenner(s) in tot Huisgenoot en Media24 se algemene reëls, bepalings en voorwaardes.