Hallo, ek is Bibi Slippers. Ek werk in die TV-bedryf in Johannesburg (eintlik meer agter die skerms, as inhoudsregisseur en teksskrywer) maar het per ongeluk verlede jaar voor die kamera beland op 'n ander program, en intussen die geleentheid gekry om een van my lewensdrome te bewaarheid: om te lees vir 'n lewe.

Het jy nog altyd gewonder of Armand Aucamp goed in die bed is? Wel, hier’s die bewyse: hy is uitstekend. Hy het langs my kom inkruip om te gesels oor lees: die boeke waarvan hy hou, die stories wat 'n groot impak op hom gehad het, en die draaiboeke wat hy lees vir sy werk as akteur.

Armand is self ook besig om te werk aan 'n draaiboek vir 'n fliek, en terwyl sy kop nou by boeke en flieks is, het ek hom gevra om 'n lysie te maak van 5 flieks wat hulle lewens as boeke begin het.

As akteur is lees 'n groot deel van Armand Aucamp se werk, maar hy is net so lief vir fliek. Gelukkig is daar uitstekende fliekweergawes van goeie boeke wat beteken dat mens nie hoef te kies nie – jy kan boeklees en fliek ewe veel geniet met hierdie 5 keuses:

1. Patrick Suskind se moordroman "Perfume" is vir die silwerdoek verwerk deur Tom Tykwer. Nie vir diegene wat maklik aanstoot neem nie!

5

2. "Misery" deur Stephen King het 'n klassieke riller geword met Kathy Bates in die hoofrol.

4

3. Shakespare was nog nooit so cool soos in Baz Luhrman se verwerking van "Romeo and Juliet" nie.

3

4. Angelica Huston maak kindertjies bang in die fliekweergawe van Roald Dahl se klassieke kinderboek "The Witches".

2

5. Hulle het gesê dit kan nie gedoen word nie ... maar toe wys Peter Jackson vir almal waaraan Kannie dood is met sy The Lord of the Rings-trilogie.

1

In die Bed met Bibi is 'n weeklikse boekeprogram op VIA (DSTV 147) waarin Bibi Slippers met lesers en skrywers gesels oor die lekkerste ding op aarde: lees.